Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Afstande Lucas Malan

Afstande Lucas Malan

Regular price R 20.00 ZAR
Regular price Sale price R 20.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
“Afstande” bevestig Malan se prominente plek as belangrike digter en toon volgehoue groei in sy oeuvre.
Hy skryf nou 'n effens vryer vers en balanseer die gedigte fyn tussen waarneming, beelding en meditasie. Die verse toon 'n sterk onderlinge samehang en verkry maksimum impak eers nadat dit in samehang gelees is binne die oorkoepelende tematiese geheel. Die bundel ondersoek veral verlies, afstand doen en oud word. Hierdie afstande geskied op verskeie maniere, soos 'n bewussyn van fisiese verwydering van geliefdes, verwydering tussen dooies en lewendes, verlies aan samesyn met vriende, afstand tussen hede en verlede. Dit word ook 'n beskrywing van die vervlietende, waar die oomblik vasgevang word in skerp waarneming. Die bundel is in vier genommerde afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat verse oor selfportrette en outobiografiese verse. “Selfportret” gee aan die hand van Rembrandt se talle skilderye van homself oor die jare die swier en hoop van die jeug en die aftakeling en verdriet van die ouderdom, wat dan op die self van toepassing gemaak word. Die somber ondertoon van die bundel word in 'n gedig soos die geestige “Stella - 'for star'” ietwat opgelig, met die paring van twee honde en die gewaande verdriet van die teef wanneer sy daarna verlaat word as tema. “Huis Herfsblaar” verwys na die oord waar Ernst van Heerden sy laaste dae geslyt het. In “Genepoel” betrag die spreker homself en sien hoe hy nes die voorgeslagte besig is om liggaamlik te verval, met die troos dat die lyf se verval slegs verduur kan word, maar dat inbors 'n meer standhoudende keuse is. Die tweede afdeling behandel gestorwe vriende en geliefdes, met “Die swart skip kom” wat 'n elegie is aan Ernst van Heerden en “Kambro-kind” wat geskryf is na aanleiding van F.A. Venter se dood. Die drie “Telkom-gesprek met my ma” gedigte is denkbeeldige gesprekke met die oorlede moeder en hekel die verknogtheid wat die mens aan die aardse lewe het en die dinge wat hier vir ons belangrik is. In “8 April 2001” word die onafwendbaarheid van die naderende dood beskryf, met die wete dat vele dinge wat beplan maar onuitgevoer is, nou versaak sal moet word. Dit lei egter tot groter aanvaarding en berusting en die besef dat verlies die grootste sekerheid in die lewe is. Plante en diere is die oorheersende temas in die derde afdeling, met “Phaseolus vulgaris”, “Luctuca sativa” en “Cucurbita maxima”, die Latynse plantname vir onderskeidelik die boontjie, slaaikoppie en pampoen, wat telkemale die onderwerp vermenslik. Ook die vlieg, die vark, die by, die kweper, die skilpad, voëls, die bobbejane en paddas word in bekoorlike verse beskryf. In die laaste afdeling is gedigte met die spanning of afstand tussen mens en natuur as deurlopende tema.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2002
Page count: 52
Dimensions: Height:23.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.