Menu
Cart 0
Alfabet Van Voels<br>S J Naude

Alfabet Van Voels
S J Naude

  • R 19000


Andre P Brink síÈ: "Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naude se merkwaardige bundel Alfabet van die voels tel onder die bestes in Afrikaans ... Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar."""̴Ì_

Dit is 'n boek oor ontheemding, terugkeer, die saamleef met verlies. In die storie "Die mobile" raak 'n vrou, self sterwend aan kanker, obsessief betrokke by die lot van vigslyers, verwaarloos alle verhoudings met geliefdes, en skaar haar, in haar verbete stryd teen korrupte en ellendige amptenare, by die geledere van die dooies.̴Ì_

"Die lawaaimasjien" en "VNLS" is albei verhale oor die saamleef met die verlies aan bande met 'n kultuur en 'n kinderverlede. Dikwels word daar in hierdie verhale 'n spanningsveld geskep tussen die bevryding van die verlede en die terughunkering daarna.̴Ì_

Die verhale is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.

ISBN 9781415201459
Format Trade Paperback
Published October 2011