Skip to product information
1 of 1

Bridge Books

Kleur my lewe, my lied Randall Wicomb, Amos Van der Merwe

Kleur my lewe, my lied Randall Wicomb, Amos Van der Merwe

Regular price R 100.00 ZAR
Regular price Sale price R 100.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Kleur - my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ? van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen apartheid te beskerm het 'n onuitwisbare indruk op hom gelaat en uiteindelik 'n kruis geword wat hy steeds dra. Randall se sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom 'n bekende en beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in die taal wat so na aan sy hart is. In hierdie biografiese verhaal vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom 'n huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie en die duur prys van roem. Nou, na die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder 'n vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy soektog na identiteit word 'n intense ontboeseming van 'n man wat ? met 'n glimlag en 'n traan ? nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie. In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy loopbaan beinvloed het asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibie en die polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag, terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op 'n onlangse bootreis 'n nuwe rigting aan sy lewe gegee het. Die titel van die boek is doelbewus gekies om meer as een begrip te omvat. Randall Wicomb se agtergrond, sy lewe en sy liedjies word 'n prisma waardeur sy identiteit uiteindelik in fokus kom. Dit is die verhaal van 'n mens wat, ten spyte van omstandighede, steeds sy gehore bekoor en strewe na 'n beter toekoms.
Publisher: Naledi
Published date: 2015
Page count: 173
Dimensions: Height:23.00 cm
Weight:115g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.