Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Tussen Wysvinger en Duim Kobus Lombard

Tussen Wysvinger en Duim Kobus Lombard

Regular price R 20.00 ZAR
Regular price Sale price R 20.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Tussen wysvinger en duim is die tweede poësiebundel van die Namibiese digter Kobus Lombard. Die titel verwys na die vashou van die potlood waarmee die digter taal in swart op wit wil vasvang. Maar hierdie bundel is nie maar net nóg een wat oor die skryfproses handel nie: In "Woordhuis" skryf hy: selfs die venstersbreek ek wyer oop -dié tuistemoet kruisventileeren 'n beter uitsigop die wêreld bied en hierin slaag Lombard wel. In sober, gestroopte taal en met deernis en begrip skryf hy oor sy wêreld en oor mense uit verskillende lae van die Namibiese samelewing: die eenvoudige werkers ("Aansoek om betrekking", "Saalhulp"); die lydendes ("Gebed vir Shaanika") én die vernames ("Rentmeesters"). Sentraal in die bundel is die twee afdelings wat aan sy moeders opgedra is. Op aangrypende wyse verwoord hy die liefde vir sy aanneemma en die verlange na die biologiese ma wat hy nooit geken het nie. Ook die religieuse gedigte in Tussen wysvinger en duim word deur eenvoud en deernis gekenmerk. Lombard sluit nie sy oë vir die tekortkominge van die gelowiges se verhouding tot God en met mekaar nie, maar sy lig-ironiese trant is altyd getemper
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2005-01-01
Page count: 95
Dimensions: Height:23.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.