Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Vloeibare middelpunt Martjie Bosman

Vloeibare middelpunt Martjie Bosman

Regular price R 170.00 ZAR
Regular price Sale price R 170.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Susan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ?n ?gevoel van vervreemding en vreemdelingskap ? nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.? Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ?n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in ?n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se ?Spookhuis in die reen? op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook ?n gevoel van behoort wek. Soos vroeer by die gedigreeks ?Viervoud? uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van ?woon? soos uiteengesit in sy referaat getiteld ?Bauen wohnen denken?, sterk inslag, vandaar dat Bosman die Holderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: ?? dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde?. Foxtrot van die vleiseters: Satrae stop die BM?s en MB?s en 4-treks voor die slaghuis, sein die T-hemde die seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud. Daar binne gesorteer volgens die slagoffers die tjops, die steaks, die sosaties, die worse ? Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas, om nie te praat van die boeresoorte nie: gawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout, rooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-, en iewers ten duurste ook ?oorspronklik?. Agter loei die sae, spat die skaafsels, genoeg om vegetariers te laat verbleek. Maar wat, ons koop ook die bykosse, die braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke, die knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies, die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd met pesto en soet sondroe tamaties, die wyne, die olywe, die olies en balsamiese asyne, die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna. Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, die biere skuim, die vroue vol belofte lag, die kinders stry en op die sofas slaap. Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings van die week, die hoofpyn van die oordaad. Vanaand dans ons die dans van die lewe.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2016
Page count: 75
Dimensions: Height:21.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.