Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Prinsloo versus Adriaan Meyer

Prinsloo versus Adriaan Meyer

Regular price R 195.00 ZAR
Regular price Sale price R 195.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as 'n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: 'n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen - en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo versus gestalte vind.
Prinsloo versus is nie 'n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van 'n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis 'n veelvlakkige collage oor 'n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met 'n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen 'n patriargale kultuur en 'n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het.
Soos 'n briefskrywer in die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: 'Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met 'n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.'

OOR DIE OUTEUR
Adriaan Meyer se Prinsloo Versus is by 2004 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees met 'n Jong Kanna vir Beste Prestasie in Studenteteater bekroon. Hy het 'n honneursgraad in Drama van die Universiteit van Stellenbosch en het reeds meer as twaalf verhoogproduksies op sy kerfstok.
Publisher: Protea
Published date: 2009
Page count: 143
Dimensions: Height:23.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.