Protea Distribution
Voor ek my kom kry Pirow Bekker
Voor ek my kom kry Pirow Bekker
Regular price
R 68.00 ZAR
Regular price
Sale price
R 68.00 ZAR
Unit price
/
per
Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van ?n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels, soos in ?Hansie Slim herbesin?, waarin gespot word met die ?mediese kernplan? waarmee voorsorg vir siekte en ouderdom getref word. En tog, die hele infrastruktuur ten spyt verlaat Hans sy huis, begeef hy hom op ?n lukraak ryloopreis die wyer wereld in. Daarom kan die digter in die slotgedig terugkyk op die verrassing van ?n lewe wat sonder beplanning of padkaart, sy eie verloop geneem het.
Publisher: | Protea Boekhuis |
Published date: | 2017 |
Page count: | 110 |
Dimensions: | Height:22.00 cm Weight:500g |
Share
Give a book
Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.
Subscribe to our emails
Subscribe to our mailing list for insider news, product launches, and more.