Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Die Avonture van Kuifie 10: Die Geheimsinnige Ster

Die Avonture van Kuifie 10: Die Geheimsinnige Ster

Regular price R 130.00 ZAR
Regular price Sale price R 130.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die geheimsinnige ster is ’n meteoriet op pad na die aarde toe. Professor Hippolitus Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die meteoriet die aarde mis en ’n fragment daarvan in die Poolsee land. Saam met ’n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn op ’n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle is egter nie die enigstes wat so ’n ontdekkingstog onderneem nie en gou ontaard dit in ’n spannende resies om eerste daar te kom.

Professor Katalis het reeds ’n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en daar is baie op die spel.
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.