Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Reza de Wet 'n huldiging die dramaturg as dromer Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris

Reza de Wet 'n huldiging die dramaturg as dromer Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris

Regular price R 200.00 ZAR
Regular price Sale price R 200.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.
Hierdie publikasie is die sesde in 'n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as 'n eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan 'n besonderse prestigewaarde en is dit vandag 'n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G .du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in.
Reza de Wet: Die dramaturg as dromer bestaan uit twee dele. In Deel I word 'n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie. In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2020
Page count: 223
Dimensions: Height:22.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.