Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Lukas, die geliefde geneesheer Louise Prinsloo

Lukas, die geliefde geneesheer Louise Prinsloo

Regular price R 70.00 ZAR
Regular price Sale price R 70.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.
Min geskiedkundige feite oor die Evangelieskrywer Lukas is bekend, maar in hierdie goed nagevorsde roman word ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opgebou.In die eerste deel word Lukas se opleiding as geneesheer en die algemene toestande in die gebied rondom die Middellandse See onder die heerskappy van die Romeinse keiser Tiberius uitgebeeld.In die tweede deel kom Lukas se eerste kennismaking met die apostel Petrus en die eerste Christene in Palestina ter sprake. Lukas se aantekeninge van die vertellinge van die Christene oor Jesus sou later dien as basis vir die Evangelie volgens Lukas. Hy ontmoet ook vir Saulus, wat toe nog bekend was as meedoënlose vervolger van die Christene. Soos Lukas, kom Saulus egter tot bekering en wanneer hulle paaie weer kruis, sluit Lukas by Saulus/Paulus aan op sy sendingreise.In die derde deel van die roman besoek Lukas verskeie plekke saam met Paulus en vergesel hom uiteindelik na Rome nadat hy hom in Jerusalem op ’n verhoor deur die Romeinse keiser beroep het. Ná Paulus se teregstelling is Lukas aanvanklik doelloos, maar kom dan tot die besef dat sy eintlike lewenstaak die beskrywing van die lewe van Jesus en van die handelinge van die apostels is.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2010
Page count: 288
Dimensions: Height:21.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.