Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

In die afwesigheid van sin Susan Smith (Poet)

In die afwesigheid van sin Susan Smith (Poet)

Regular price R 60.00 ZAR
Regular price Sale price R 60.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.
In haar debuutdigbundel bied Susan Smith 'n vroulike perspektief op die rol wat taal in die lewe van ''n onbelangrike mens' speel. Hierdie besinnings word egter nie in abstrakte terme oorgedra nie, maar word gedra deur verse oor die band tussen familielede, die weerloosheid van vroue teen misdaad, dood en ouderdom, die geborgenheid wat 'n huis kan bied en die sosiale werklikhede van ons tyd.
Die hele bundel staan in die gees van die motto, 'n aanhaling van Erica Jong, 'Since flesh can't stay, we pass the words along'. Die oorlewer van woorde van een geslag na die volgende in verskillende vorme kom ter sprake: benoeming, naamgewing, vertelling, liedjies en rympies, instruksies soos resepte en breipatrone ('in skilferdeeg toegevou', gewone, alledaagse kommunikasie ('telefoonboekie') en hiperteks. Naas verwondering oor die vermoë van taal, is daar ook verse oor die beperkinge en verlies van taal ('afasie'), en die taal van verlies ('terwyl ek besig was'). In verse soos 'Quinera' en 'karoo-narratief' word getoon hoe taal herinnering en kultuurgoedere bestendig. In die derde afdeling 'muur', word eietydse kommunikasiewyses met selfone, die internet en foto's aangeraak, en in afdeling IV, 'versin', word die leser bewus gemaak van die mag van woorde om ook dit wat nie werklik bestaan nie, te kan oproep.
in die afwesigheid van sin is 'n heg gekonstrueerde bundel wat op byna terloopse wyse die belangrike plek van taal in die gewone lewe ondersoek.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2012
Page count: 96
Dimensions: Height:21.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.