Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Groep sonder grense die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795 Hans Friedrich Heese

Groep sonder grense die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795 Hans Friedrich Heese

Regular price R 170.00 ZAR
Regular price Sale price R 170.00 ZAR
Sale Sold out
Tax included.
Groep sonder grense handel oor die rol wat die persone van gemengde Europese, Oosterse en Afrika-herkoms aan die Kaap van Goeie Hoop gespeel het gedurende die tydperk 1652-1795.

In hierdie studie word gekyk na die faktore wat die plek en status van 'n persoon van gemengde afkoms in die samelewing bepaal het. Aspekte wat bespreek word is o.a. slawerny en vryheid, fisiese afkoms, die rol van die kerk en ekonomiese welvaart.
Groep sonder grense werp ook lig op die verskillende statusgroepe waarin gekleurdes hulle in die 17de en 18de eeue bevind het: slawe, vryswartes, vrygeborenes en burgers. Die proses waardeur nakomelinge van ingevoerde slawe en slavinne in die burgerlike bevolking opgeneem is, word uiteengesit.

Hans Friedrich Heese was vanaf 1976 tot 1998 'n senior navorser verbonde aan die Instituut vir Historiese Navorsing van die Universiteit van Wes-Kaapland.
Dr. Heese het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Uniondale ontvang en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy onderwys gee in Malawi, Noord-Kaap en Namibië. Hy verwerf 'n Ph.D. aan die Universiteit van Kaapstad in 1976 met sy verhandeling Die Afrikaners in Angola, 1880-1928. Hy is vanaf 1999 argivaris van die Universteit van Stellenbosch.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2013
Page count: 160
Dimensions: Height:24.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.