Skip to product information
1 of 1

Protea Distribution

Johannna Brandt en die kritieke jare in Transvaal, 1899-1908 Rita Van der Merwe

Johannna Brandt en die kritieke jare in Transvaal, 1899-1908 Rita Van der Merwe

Regular price R 80.00 ZAR
Regular price Sale price R 80.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included.
Daar bestaan min twyfel dat die mense wat die Anglo-Boereoorlog en die naoorlogse tydperk beleef het, veelbewoe maar ook avontuurlike jare meegemaak het. Aan die heldetydvak kan Johanna Brandt se naam gekoppel word. Sy was 'n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Sy het haarself gesien as lid van die "aristokrasie van die volk". Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou. In later jare geniet sy groot bekendheid as die skryfster van Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappie Kommando (1913). Hierdie studie handel in hoofsaak oor Johanna se wedervaringe in haar twintigerjare, alhoewel sy byna 88 jaar oud geword het.
Publisher: Protea Boekhuis
Published date: 2004
Page count: 180
Dimensions: Height:24.00 cm
Weight:500g
View full details
Colourful cubes that hold books at outdoor street library in Soweto

Give a book

Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.