Used
Asbesmiddag deur Etienne van Heerden (Gebruik)
Asbesmiddag deur Etienne van Heerden (Gebruik)
Couldn't load pickup availability
’n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in ’n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenêr, ’n asbesmagnaat.Versteek in ’n steeg voorsien die haarsalon bekendes, wat op soek is na privaatheid en rus, van uurlange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings vol olywe. Die skrywer se vader – eens ’n vuurspuwer en latere ringmeester in ’n Karoosirkus – deel ’n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat en die skrywer is voyeuristies daarop uit om wraak te neem by wyse van sy vertelling – of so dink hy.Gou ontdek hy egter dat ander spelers in die verhaal ratser manipuleerders van storielyne is as hy.Die biljoenêr word ’n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van ’n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, ’n onwaarskynlike Storie.
Kondisie: Goed
Share

Give a book
Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.
Subscribe to our emails
Subscribe to our mailing list for insider news, product launches, and more.