1
/
of
1
Used
Philida: ‘n Slaweroman by André P. Brink (Used) (Afrikaans)
Philida: ‘n Slaweroman by André P. Brink (Used) (Afrikaans)
Regular price
R 150.00 ZAR
Regular price
Sale price
R 150.00 ZAR
Unit price
/
per
Taxes included.
Couldn't load pickup availability
Dis 1832 en in die Caab loop die gerugte reeds dat dit nie meer lank is voor die slawe vrygestel word nie. Dit verg nogtans groot moed vir die jong slavin Philida om by die Slawebeskermer op Stellenbosch ’n klag teen haar baas te gaan lê. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. “Hy wil my losmaak van my skaduwee af,” dink sy. “Maar dit sal ek waaragtig nie toelaat nie . . . ’n Mens se skaduwee, dis soos Ouma Nella al baie gesê het, hy’s soos jou storie, hy kom ook heelpad saam, dag en nag.”
Cornelis Brink laat hom nie deur ’n slavin van stryk bring nie en in 1833 verkoop hy Philida en haar kinders op ’n vandisie op Worcester. Alhoewel die Britse regering kort daarna die slawe vrystel, is Philida reeds vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die vernedering van baie jare het Philida egter ’n sterk vrou gemaak en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe, besluit sy self: dit en dat doen ek, dit en dat doen ek nié. En saam met die Moslem-slaaf Labyn trek sy deur die barre Karoo na die afgeleë Gariep.
’n Meesleurende en aangrypend slaweroman met die temas van baasskap en vryheid wat ook in ons tyd resoneer.
Good Condition
Good Condition
Share


Give a book
Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.
Subscribe to our emails
Subscribe to our mailing list for insider news, product launches, and more.