Kgalagadi-stories, deur Hanneke du Preez (Afrikaans)
Kgalagadi-stories, deur Hanneke du Preez (Afrikaans)
Couldn't load pickup availability
Kgalagadi, wat mens as Ga’laga’di moet uitspreek, is die Tswananaam vir die groot wildernis wat tussen Suid-Afrika, Botswana en Namibië lê. Dit is die plek waar rondtrekkende Boesmans wilde diere gejag het, en dit is die plek wat verskeie Tswanastamme of Bakgalagadi (mense van die wildernis), hul tuiste noem.
Die skrywer het die stories versamel tydens haar jare as safari-gids in Botswana. In haar oorvertelling van hierdie Boesmanstories in Engels het Hanneke du Preez na die beste van haar vermoë die styl en wese van die oorspronklike stories probeer behou. Die stories is eenvoudig, gestroop van enige abstrakte begrippe – primitiewe woordkuns wat die styl en gees van die oorspronklike Boesmanvertellers verheerlik: beknopte sinne en frases bykans deurgaans sonder byvoeglike naamwoorde, bywoorde, voornaamwoorde, voegwoorde en bysinne. Die stories is deurtrek van animisme (die verpersoonliking van nie-menslike entiteite), byvoorbeeld, Maan is ’n eerbiedwaardige godheid.
Net soos wat die grafiese rotskuns van die Boesmans uniek is, so beklee hierdie stories ’n unieke plek in die letterkunde vanweë die oorspronklike mondelinge formaat en die personifikasie. Hierdie inheemse stories is opgeneem en word gepubliseer om te sorg dat hulle, soos die Europese sprokies en fabels, vir toekomstige geslagte behoue sal bly.
Illustrasies deur June Johnson. Vertaal deur Alet Kruger. Hardeband.
Share
