Used
N 101 Bakgat Maniere om te Lewe en Sterwe, by RR Ryger (Used)
N 101 Bakgat Maniere om te Lewe en Sterwe, by RR Ryger (Used)
Couldn't load pickup availability
Twee verhale in een, vertel op Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks...nooit vervelig nie.
In Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na 'n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer 'n satanistiese kultusleier, 'n kannibalistiese dwerg en 'n psigopatiese pastoor.
In Kaktushart beland Walter Cronje, suksesvolle afrigter van die Springbok-rugbyspan, in die kloue van 'n groepie ekstremistiese kunstenaars wat van hom 'n kunswerk wil maak deur 'n kaktus in sy borsholte te plant. Die verhaal ondersoek die grense tussen verskillende groepe mense met uiteenlopende belangstellings, en dié tussen bewonderaar en held.
In Uys Krige se Sol Y Sombra staan daar: "En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy erens weg van die aarde af is of in 'n tussengebied hang, beangsd, ylhoofdig." Dit is in hierdie tussengebied waar 'n 101 bakgat maniere om te lewe en sterwe hom begewe.
Share


Give a book
Buy an extra copy of your book and we'll donate it to one of our outdoor Street Libraries, or to one of our reading programmes. Just add a note to your card with the code #buyabookforachild.
Subscribe to our emails
Subscribe to our mailing list for insider news, product launches, and more.