Hemel en Aarde en Ons, deur Zirk van den Berg
Hemel en Aarde en Ons, deur Zirk van den Berg
Couldn't load pickup availability
"'n Weerspannige web van gevoelens weef deur die dorp – begeertes, morele verpligtinge, gekwetste ego's, verwyte, afguns en angs loop kruis en dwars van mens tot mens, snaarstyf en trillend liggeraak."
Dat die dokter wat mynbaas Hans Peter Kranz aangestel het al die tyd n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf hoofsaaklik om diamantdiewe vas te trek. Haar werk lei tot 'n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak
Soos Kolmanskop se mense deur die sand sit na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.
Hemel en aarde en ons is n veelvlakkige whodunit met n konseptuele kinkel, "n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.
Zirk van den Berg is 'n bekroonde skrywer wat die W.A. Hofmeyrprys en drie KykNET-Rapportpryse vir sy werk ontvang het.
Share
